News
Kersvader kom kuier by Vuurvliegies met ‘n trok!
Kersvader het hierdie jaar sy slee in die Noordpool gelos en met 'n reuse liggieverligte trok by die Vuurvliegies Dagsorg gaan kuier.

Sy besoek het deel uitgemaak van die Vuurvliegies se prysuitdeling en Kerspartytjie.

Tydens die geleentheid het nie net van die kleuters en naskoolkinders pryse gekry nie, maar is daar ook ’n paar prettige pryse aan van die ouers oorhandig.

Me. Mariaan Pieterse (hoof) wil graag haar personeel bedank vir hul harde werk vir die jaar, asook die ouers vir hul ondersteuning.

Sy sê verder graag dankie aan mnr. Christo Venter (van Silver Solutions) wat die trok met liggies beskikbaar gestel het vir Kersvader.







At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
