News

Nuwe studentesentrum vir Hoërskool Middelburg

Hoërskool Middelburg gaan van volgende jaar af uit sy nate bars met 1 300 leerlinge en dit is waarom "Die Japie" studentesentrum, wat tussen R8 miljoen en R10 miljoen sal kos, 'n noodsaaklikheid is.

 

“Met die brandstofpryse wat bly styg, sal ouers nie meer so baie kan rondry nie. Hulle sal kinders 07:00 aflaai en dan eers 17:00 kan kom haal,” het mnr. Johan Stronkhorst (hoof) onlangs tydens hul borgefunksie gesê.

Die sentrum gaan vir leerlinge die geleentheid bied om na skool daar te bly vir aktiwiteite met onderwysers beskikbaar om aandag te gee aan skoolwerk, terwyl daar ook kos sal wees.

Me. Nijinka Botes, Middies se beheerliggaamvoorsitter, Japie Botes se vrou, is die argitek wat “Die Japie” ontwerp het. “Die Japie” is MHS se skoolgees en dit was gepas om die sentrum dié naam te gee.

Die interieur van die sentrum is ontwerp deur me. Jinnie Theron.

Mnr. Stronkhorst het verduidelik dat dit ‘n dubbelverdieping gebou sal wees met die onthaallokaal en kafeteria op die grondvloer.

Op die boonste verdieping sal ‘n saal wees, wat ook afgeskort kan word vir klasse.

Daar word beplan om dit te bou in die area tussen die B-rugbyveld en die skoolsaal, waar daar tans parkerings is.

•”Die Japie” maak deel uit van Middies se geesvang en die hoofdirigent word elke jaar “Japie” genoem. “Japie” dra ‘n onderbaadjie, hoed en stok en is verantwoordelik vir die gees op die pawiljoen.

Daar word ook elke jaar ‘n Japie-aand vir voornemende Middies (graad sewes) aangebied.

Boonop is daar ‘n legende dat Japie spook in die A-blok en met Japie-aand gaan die graad sewes saam met die leerlingraad op ‘n toer deur die skool opsoek na Japie.

nder mnr. Stronkhorst se kantoor is ‘n ou solder genaamd “Japie se grot” en Middies se kreet is ook “Japie.” Dié kreet se woorde sê onder andere: “Japie, hy kom in die nag”.

•Daar is reeds sowat R2 miljoen ingesamel vir die “Die Japie” Studentesentrumprojek en persone wat betrokke wil raak op watter manier ook al, kan die skool bel in die nuwe jaar by 013 282 7393/4.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button