News

September hoogtepunt – Onnie kry sy unieke medalje!

Laerskool Staatspresident C.R. Swart se Comrades presteerder, Johan Oosthuizen, het sy droom verwesenlik om die finale medalje in sy Comrades medaljeversameling te verwerf.

 

Daarvoor moes hy báie stadiger as gewoonlik hardloop.

‘Johan kry medalje vir sy versameling!’

Johan Oosthuizen het Saterdag die eerste man in die wêreld geword wat ál die Comrades medaljes verower het.

Dié onnie van Laerskool Middelburg moes Saterdag maar briek aandraai op die roete om die Vic Clapham medalje te kry.

Om in aanmerking te kom vir dié medalje moet jy die Comrades in ‘n tyd van tussen 11 en 12 ure voltooi en hy en sy hardloopmaat, Danie Bekker, het dit klaargemaak in ‘n tyd van 11;35.

Oosie sê Danie was vir hom soos die Bybel se “Aäron” op die roete. Hy het die banier help dra, wat aangedui het watter medaljes hy al in sy versameling het.

“Ek wou net aan die begin en dan aan die einde die banier by iemand kry, maar ons het op die ou einde die hele roete daarmee gehardloop!”

Hy en Danie, wat al jare saam oefen en die Comrades hardloop, het in Run & Walk for Life se kleure deelgeneem.

Oosie sê sy 19 medaljes in sy kas, kon hy nie verwerf het as dit vir die ondersteuning was van sy familie, almal wat deel is van Laerskool Staatspresident C.R. Swart, mede-atlete en elke Middelburger.

“Ek was ‘n student met my eerste Comrades, maar met al 18 die ander medaljes was ek ‘n Middelburger! Dis vir elkeen van julle, vir hardlopers soos Deon Holtzhausen, Albertyn Claassens, Hein Koch, wat my bekend gestel het aan marathon-hardloop en my geïnspireer het om beter te word.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button