News

Oktober hoogpunt – ‘n Koekoek, al die pad van Madagaskar!

Hierdie koekoek se verhaal het die hele land aan die praat gehad en was dit beslis een van ons hoogtepunte in Oktobermaand.

‘Van Madagaskar na Middelburg’

Selfs eilandsvoëls soek soms die bosveld!

‘n Madagaskar Koekoek het hom Vrydag in Kranspoort-dorp tuisgemaak, tot groot verbasing van die land se voëlkyk gemeenskap.

Dit is maar die sewende keer dat die voël amptelik in Suid-Afrika opgemerk is, en net die tweede maal in Mpumalanga nadat die voël vyf jaar gelede ook in die Kruger Nasionale Park gesien is.

Die Madagaskar Koekoek het eers die aandag met sy unieke roep getrek, sê Loskopvallei se Geveerde Vriende voorsitter Elsie Cross.

Die klankgreep is op verskeie voëlkyk-groepe gedeel waarna bevestiging verkry is.

Saterdag is die voël opgemerk en video’s en foto’s van die eens-in-‘n-leeftyd ontmoeting het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Sedertdien het meer as 100 voëlkykers, insluitende ‘n groep internasionale toeriste, reeds by Kranspoort-dorp aangeklop om die pragvoël te sien.

Woensdag het 10 voëlkykers voor 10:00 reeds die landelike dorpie in die hartjie van die bosveld besoek.

Dinsdag was daar 20, en gedurende die afgelope naweek meer as 50.

Voëlkyk-klubs van so ver as Johannesburg en Potchefstroom het reeds laat weet dat hulle by Kranspoort-dorp aandoen.

Die blaaskans het die Madagaskar Koekoek blykbaar goed gedoen, omdat die voël teen Woensdag baie meer aktief was.

“Ons hoor hom, maar moet hom soek,” sê Elsie.

Sy sê dat die voël se migrasieroete beperk is tussen Madagaskar en Mosambiek.

Dit bring die bevestigde voëlspesies op Kranspoort-dorp tot 232.

Volgens Elsie moet ‘n voël as reël deur twee inwoners gesien en positief geïdentifiseer word, voordat hy as Kranspoort spesie erken word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button