News

Petrolbomme gegooi, skote klap, een sterf by Fountain Corner

Daar is ook verskeie skote in die parkeerterrein van die sentrum afgevuur en onskuldige besoekers moes vir hulle lewens vlug.

‘n Jarelange stryd oor ‘n gestremde parkeerplek het vanmiddag tot ‘n dodelike uitbarsting gekom toe die bekende oud-rugbyspeler Kappie Kapp, met ‘n petrolbom gegooi, en daar ook verskeie skote op hom afgevuur is by sy winkel by die Fountain Corner in Doleritestraat, regs langs die Middelburg Mall.

‘n Huurder van die sentrum wat met van die ander huurders in ‘n twis gewikkel was vir baie jare het vanmiddag by Jud’sies, waar mnr. Kapp die eienaar is, ingestorm met ‘n petrolbom en hom na mnr. Kapp geslinger.

Daar is ook skote op mnr. Kapp afgevuur maar genadiglik is hy nie getref nie.

Daar is ook verskeie skote in die parkeerterrein van die sentrum afgevuur en onskuldige besoekers moes vir hulle lewens vlug.

Een omstander het so woes vir skuiling gesoek, dat hy sy been ontwrig het.

Die huurder wat vir die petrolbomaanval verantwoordelik was het ook sy eie voertuig met ‘n petrolbom aan die brand gesteek, waarna hy by sy winkel in is.

‘n Erg verkoolde liggaam is minute gelede in die winkel ontdek het die polisie bevestig.

Dit is tans onduidelik of die man homself geskiet het, of in die brandende gebou omgekom het.

Hoewel die huurder steeds woedend was oor die betrokke parkering het die eienaars van die gebou wel ander parkering vir gestremdes aangewys.

Die man wat oorlede is, was egter nie tevrede nie, en het die Middelburg Observer selfs by die persadvokaat gaan verkla.

‘n Groot geel parkering is deur eienaars van die sentrum aangebring vir gestremdes, maar die man het volgehou dat dit nie voldoende was nie.

Hy het al vantevore huurders met die dood gedreig.

Daar word tans gewag op forensiese deskundiges om die toneel te ontleed.

Die hele sentrum is tans afgesper vir die ondersoek.

Die verantwoordelike man se naam word weens regsredes weerhou.

Verskeie winkels is erg deur die brand beskadig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button