News

KYK: Skokvideo wys hoe egpaar voor petrolbomme in Fountain Corner aanval vlug

Daar is ook minstens ses skote deur Bester op hulle afgevuur terwyl hulle na veiligheid vlug.

‘n Skokvideo het sopas aan die lig gekom waarin daar duidelik gesien kan word hoe Jud’sies eienaars, Kappie en Judy-May Kapp, rustig in hulle winkel tussen rakke beweeg voordat Willie Bester skielik petrolbomme na hulle in die winkel gooi.

Die hele voorkant van die winkel is amper onmiddellik in vlamme gehul terwyl die egpaar na veiligheid hardloop.

In die video kan gehoor word hoe me. Kapp aan vermoedelik ‘n polisielid vertel wat gebeur.

Die egpaar is in hul winkel aangeval met minstens drie petrolbomme.

Daar is ook minstens ses skote deur Bester op hulle afgevuur terwyl hulle na veiligheid vlug.

Bester het hierna sy eie voertuig voor Jud’sies ook aan die brand gesteek en daarna ook sy eie besighed, Horlosie Kliniek, waar sy liggaam later gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button