News

Wielebende slaan toe in Dennesig en laasnag in Kanonkop

Die bende wat wiele steel het twéé nagte na mekaar toegeslaan!

Die vorige nag is bande van ’n bakkie afgesteel in Koos de la Reystraat (Dennesig) en laasnag is wiele gesteel in Jasmynstraat (Kanonkop).

Me. Mandie de Abreu voel steeds kriewelrig omdat hul bakkie, ’n Mahindra Karoo, se bande laasnag gesteel is.

“Daar was géén beurtkrag nie, so hulle het in helder lig, want ons het ’n groot lig by die voertuie, die wiele gesteel!”

Die booswigte het bakstene en plaveiselstene wat voor en in die erf was gebruik om die bakkie daarop staan te maak.
Daar is geen teken dat daar met die hekke gepeuter is nie en hulle het oor die hoë muur geklim om by die bakkie uit te kom.

Lees ook: Bende wat wiele steel is terug

Me. De Abreu sê dat sy omstreeks 02:00 opgestaan het om hul hondjie uit te vat.

Sy glo nie die diewe was toe al daar nie, want haar hondjie sou beslis reageer het as daar vreemdelinge in die erf was.
Wat haar egter dronkslaan is dat nie een van hul vier honde deur die nag geblaf of geknor het nie.

“Die afdakke waar die voertuie staan, is reg by ons kamervenster! As ek die badkamervenster oopmaak, kyk ek reg op die bakkie en ons het niks gehoor nie! Ek kan net nie glo dat ons honde, wat gewoonlik vir alles buite blaf as hulle iets hoor, nie reageer het nie.”

Sy is baie dankbaar dat die honde nie buite was nie, “want dan sou hulle seker vir hulle gif gegee het om in te kom!”

• Dit is vir hulle vreemd dat die diewe al die voertuigmoere net daar gelos het.

• Die bakkie is in Oktobermaand gekoop en die skade word op sowat R30 000 geraam.

“Ons het wel versekering, maar ons het ’n groot bybetaling en ons paaiement gaan weer op. ’n Mens voel ook nie gemaklik dat hulle ons spasie betree het nie!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button