News

Ontvoerde man minute gelede ongedeërd gevind langs N12

Die man wat vroeër vandag by Engen Broadway Motors in eMalahleni in a Toyota Avanza ontvoer is, is sopas veilig langs die N12 gevind.

Die polisie is by hom en hy is op pad Delmas polisiestasie toe om ’n verklaring af te lê.

Skrikwekkende videomateriaal van die ontvoering is intussen wyd op sosialemedia versprei.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die man met sy ontvoerders stoei om weg te kom.

Lees ook: Geboeide man by vulstasie in kar geboender

Sy hande is agter sy rug geboei en die slagoffer veg so verbete, dat dit twee ontvoerders kos om hom terug in die voertuig te kry.
’n Petroljoggie staan by die kar en toekyk hoe die man in die kar gedwing word.

Na wat verneem word is die man nie ernstig in die voorval beseer nie.

Sy ontvoerders het hom digby Delmas langs die pad afgelaai, en verder Gauteng toe gejaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button