News

Drie gee hulself oor na ontvoering van jong man

Drie mans het hulself vandag in die vroeë oggendure aan die Witbank polisie oorgegee na 'n jong man gister ontvoer is.

 

‘n Video waar die jong man probeer ontsnap uit sy ontvoerders se voertuig by ‘n vulstasie, is wyd op sosiale media gedeel.

Volgens kaptein Eddie Hall (skakelbeampte, Witbank Polisiestasie) het die mans, wat 27, 31 en 35 jaar oud is, omstreeks 01:00 by die polisiestasie opgedaag.

Hul arrestasie volg nadat die 34-jarige, Glenten van den Heever, in Reyno Ridge (eMalahleni) ontvoer is, waar hy op die sypaadjie van ‘n bejaarde se huis in die tuin gewerk het.

Mnr. Van den Heever het later vir die polisie gesê dat die drie mans in ‘n Avanza langs hom gestop het en hom beskuldig het dat hy hul plante gesteel het.

Hulle het hom daarna geboei en in die Avanza ingedwing.

Vandaar het hulle heen en weer met hom gery in eMalahleni se strate, waarna hulle brandstof by ‘n vulstasie in die sentrale sakegebied van eMalahleni ingegooi het. Dit is waar kringtelevisiemateriaal later gewys het hoe hy probeer ontsnap het uit die voertuig.

Daarna het die verdagtes met hom op die N12 gery en hom naby Delmas in die veld afgelaai en het die Delmas polisie hom later opgelaai en sy verklaring geneem.

Mnr. Van den Heever het in sy verklaring aan die polisie gemeld dat die ontvoerders aanvanklik nie met hom gepraat het nie, maar na sy ontsnappoging hom gedreig het dat hulle hom gaan doodmaak, opkap en sy liggaamsdele in ’n dam gooi.

Kapt. Hall meld dat daar ook beslag gelê is op die mans se voertuig en dat die ondersoek voortduur.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button