Papapavlou moord: Tseka en Mafatle in hof
Die ma en seun, Calvin Tseka (31) en Paulinah Mamalope Mafatle (57), wat daarvan beskuldig word dat hulle saamgesweer het om Raymond Papapavlou (28) te vermoor, het vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn.
Papapavlou is op 4 Oktober 2020 op die plaas Rooikraal, tussen Groblersdal en Stoffberg, in sy bed doodgeskiet.
Die saak is uitgestel na 14 Maart 2023 vir die hooggeregshof se beslissing rakende die akte van beskuldiging.
•Tseka en Mafatle is op 25 Augustus in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.
•Tseka is Mafatle se biologiese seun.
Lees ook: Papapavlou saak: Tseka en Maftle vlugtig in hof
•Die ondersoekbeampte, adjudant offisier Debbie van Zyl, het tydens Tseka en Mafatle se borgaansoek getuig dat beide van hul telefoonkommunikasie met Patricia Ray-Lee Smith en Simoné Papapavlou gehad het. Hulle het ook glo beide fondse van Smith ontvang, voor Raymond se moord.
•Smith het ’n liefdesverhouding gehad met Simoné, Raymond se vrou. Daar is verlede jaar in die hof getuig tydens Simoné se borgaansoek, dat die verhouding die motief was vir Raymond se moord, aangesien hy in die pad gestaan het van hul verhouding.
•Smith is kort na Raymond se moord in hegtenis geneem en Simoné byna ’n jaar later.
