News

Man wat deur tieners getart is gevonnis

Die man wat by ’n wegneemete-eetplek so getart is dat hy die reg in eie hande geneem het, Corrie Pretorius, is vanoggend in die Groblersdal Landdroshof gevonnis.

Pretorius is ’n boete van R12 000 of 12 maande gevangenisstraf opgelê, waarvan beide die helfte opgeskort is vir drie jaar.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Pretorius het die boete betaal.

Mnr. Josef van Eeden van Middelburg, het Pretorius verteenwoordig.

Die voorval is op ’n 49-sekonde videogreep vasgelê en landwyd versprei.
Dit het tot ’n rasseherrie gelei.

In ’n verklaring wat vroeër deur die Groblersdal Landdroshof aanvaar is, het ’n ooggetuie vertel hoe ’n tienerseun Pretorius aanhoudend getart het, voor die onderonsie op video vasgevang is.

Daar is kos uit sy kosbakkie gevat, hy is gekoggel, gevloek, uitgelag, daar is gepoog om sy vuurwapen te gryp en opmerkings teenoor sy ma en pa gemaak, deur ’n groep dronk tieners.

Die voorval het omstreeks 19:15 op 15 Junie 2022 in Fat Cake City plaasgevind, waar hy kos bestel het.

•Die klag teen Pretorius was aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die klag van rig van ’n vuurwapen is laat vaar.

•Mnr. Van Eeden het gesê hy is tevrede met die vonnis en dat geregtigheid op die einde van die dag geseëvier het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button