News

Willem se pa soek die waarheid oor sy seun

Willem Kruger se pa, Tian, het vanoggend gesê dat die bewerings wat in die Sondagkoerant, Rapport, gemaak is oor die gebeure waar sy seun in November 2022 by die Henbase Lodge gesterf het, “nie van ons af kom nie.”

Hy wou nie uitbrei oor die ondersoek nie, maar het gesê dat hulle net die “waarheid wil kry” oor sy seun se dood.

Mnr. Kruger wou nie enigiets sê wat die ondersoek kan belemmer nie en het onderneem dat hy later wel meer inligting sal verskaf, sodra die ondersoek afgehandel is.

Lees ook: Lodge plaas verklaring op Facebook rakende bewerings

• Willem het sy kaalvoetdae in die Loskop Vallei deurgebring waar hy sy laerskoolloopbaan voltooi het by Laerskool Marble Hall.
Hy het gematrikuleer aan HTS Middelburg.

Na skool het hy aan Tukkies studeer en homself as geoktrooieerde rekenmeester bekwaam.

Lees ook: Willem en bakkie in Vaalrivier gekry

Nadat hy ’n jaar by sy pa se boekhouers gewerk het, het hy teruggekeer na die familieplaas TKB (Tian Kruger Boerdery).

Willem was in beheer was van die landerye, soos die tabak en aartappels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button