News

Band-bandiete slaan toe in Kanonkop

Die band-bandiete het weer na Middernag toegeslaan in Proteastraat waar ’n op en wakker bejaarde paartjie hul in hul spore gestuit het.

Me. Charmaine Joubert sê dat die bende op die vlug geslaan het nadat haar bejaarde ouers Marinda en Kenneth, haar en haar man na 01:00 by hul kamerruit van die hoofhuis wakker geklop het.

Die bejaardes bly in hul eie tuinwoonstel in die erf.

“My ma het wakker geword toe die honde blaf en deur die ruit geloer maar niks gesien nie,” sê me. Joubert.

Toe die honde weer tekere gaan, is Kenneth wakker geskud deur sy vrou, waarna hulle met ’n flitslig na buite is.

Hulle het gesien hoe ’n groep mans by me. Joubert se Fortuner doenig is.

Die egpaar het na die huis beweeg en me. Joubert en haar man wakker geklop.

Me. Joubert sê sy vermoed die daaropvolgende beweging in die huis, die boewe op die vlug laat slaan het.

Me. Joubert sê dat al vier die Fortuner se wiele reeds afgehaal was en dat die boewe hulle eie domkrag en gereedskap agter gelaat het.

Die Fortuner is op die Jouberts se eie plaveistene staangemaak.

Me. Joubert sê dat die Fortuner ook tydens die Covid-19 grendelstaat geteiken is.

Met die vorige diefstal het die band-bandiete met die wiele weg gekom.

Die Jouberts moes meer as R30 000 uithaal om die wiele en wieldoppe te verang.

“Dis enorme skade,” sê sy en las by “dis duidelik hulle fokus op groot bakkies se bande”.

• Kanonkop en Dennesig ervaar al die afgelope maand ’n toename in wieldiefstalle.

• Die Sektor 4 GPF groep maan inwoners om bedag te wees, veral met bakkies wat buite parkeer word in die nag.

• Volgens me. Joubert kon die polisie nie reageer nie omdat daar geen voertuie beskikbaar was nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button