MACS Familia betreur afsterwe van geliefde klublid
Die Middelburg motorfiets gemeenskap neem eersdaags met swaar harte afskeid van mnr. Danie Coetzer, wat Sondagaand dood in sy Fynbos-woonstel aangetref is.
Hyself was lid van die MACS Familia 1313 Motorfietsklub.
Sy begrafnis vind Saterdag om 11:00 vanuit die Kanonkop Hervormde Kerk plaas.
Ds. Collin Hertzog sal die diens lei.
Motorfietsklubs sal van 10:00 Saterdag by Avbob bymekaar kom vanwaar hulle sy oorskot kerk toe sal begelei.
Daarna sal hulle ook die stoet begraafplaas toe begelei waar ’n erewag ook gestaan sal word.
Mnr. Coetzer het in die mynbedryf gewerk.
Hy sou in Februarie formeel by die MACS Familia 1313-klub ingelyf word.
Mnr. Coetzer laat sy vrou Ina, seun Christopher, dogter Anyolette, skoondogter Monica, skoonseun Jan, kleinkinders, vier susters, sy tannie en hele MACS Familia 1313 familie na.
