News

Groen Loskopdam is nie besoedeling

Daar is helder groen strome in Loskopdam.

Foto’s van die verskynsel is aan Die Daller gestuur, deur persone wat die naweek oor Loskopdam gevlieg het.

Volgens mnr. André Hoffman, ’n akwatiese ekoloog van Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap, is die helder groen strome nie weens die impak van mynbesoedeling nie.

“Hierdie is ’n hoë opbloei van groen alg. Dit is ’n natuurlike verskynsel wat seisoenaal in die dam voorkom. Dit gebeur gewoonlik wanneer dit warm is en daar nie baie hoë vloei water is nie, wat veroorsaak dat die water stadiger vloei en alge opbloeisels makliker sigbaar is, omdat dit gekonsentreer is,” sê mnr. Hoffman.

Die alge opbloei word veroorsaak deur hoë vlakke nutrient as gevolg van rioolwater. Dit hou geen gevaar in vir visse nie, omdat dit in matige gevalle, soos op die foto’s, voordelig is vir visse as bron van kos.

“Inteendeel leef die visse baie lekker, alhoewel ek self by die dam was en die alge kan stink,” sê hy.

Hy doen ’n beroep op die inwoners om nie aannames te maak en foto’s te versprei, sonder om agter die kap van die byl te kom nie, omdat dit onnodig paniek saai en ’n wanindruk van die ware stand van sake skep.

“Persone kan eerder kla by die Departement van Waterwese. Dit is ’n toenemende probleem dat Waterwese niks doen teenoor munisipaliteite wat riool stort nie. Hulle kyk nie dat skoonwater in riviere geplaas word nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button