News

Inbrekers spits hulle op duur toerusting toe

Inbrekers het hulle toegespits op duur toerusting tydens ’n inbraak by Point S in Cowen Ntulistraat gisteroggend.

Me. Whelma du Toit (mede-eienaar) sê die alarm het om 05:05 afgegaan en het die alarmbesigheid hulle om 05:17 in kennis gestel dat die alarm afgaan.

“Hulle het genoeg tyd gehad in 15 minute om baie duur toerusting te steel,” sê me. Du Toit.

Na aanleiding van die skade wat aan die voorste deure aangerig is, kan ’n mens duidelik sien dat die boonste glas van die deur gebreek is om die deur van binne af oop te maak.

Die glasvenster is bo en onder gebreek.

Hulle kon dit egter nie regkry nie, waarna waarskynlik ’n baksteen (wat op die toneel gekry is) gebruik is om die glasdeure onder te breek om by staalpenne uit te kom, wat in die grond in vasgesluit word.

Daar moes beslis ook meer as twee booswigte gewees het, aangesien swaar sweismasjiene en gasbottels onder andere gesteel is.

Hulle het ook weg gekom met unieke toerusting wat agter, onder die toonbank versteek was. Dit blyk dat hulle gesoek het na spesifieke artikels.

Wat me. Du Toit dronkslaan, is die feit dat die inbrekers so uitdagend was om in te breek, terwyl dit al besig was om lig te word.

“Enige persoon wat verby gery het, kon hulle gesien het.”

Die groot gate wat in die sterk glasdeur gemaak is.
  • By navraag aan ’n naburige besigheid, wat ook kameras het, is daar vir hulle gesê dat daar verlede week ’n poging tot inbraak by hulle ook was en dat hul kameras hiertydens beskadig is.
  • Me. Du Toit sê hulle kan nog nie ’n presiese omvang van skade bepaal nie, maar “dit kan honderde duisende rande beloop!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button