News

K9’s vind nie Mielie nie

Nie hommeltuie of spoorsnyhonde kon daarin slaag om die verlore Mielie op te spoor nie.

Kevin Ruthven se emosie het vandag oorgeneem toe hy verduidelik dat sy Austaliaanse beeshond steeds weg is.

Daar was vandag weer langs die Olifantsrivier gesoek na Mielie, en Kevin vertel dat hulle 24 km gedek het met Clarice Walton, Ryan Fekete en Niklaus die spoorsnyhond van Clarice K9 Unit.

“Niklaus kon ‘n paar keer Mielie se spoor optel onder die klippe waar dit nie so nat gereën het nie.”

Maar Kevin besef ook dat Mielie se kanse skraal lyk nadat hulle ‘n pofadder en rinkhals op die pad raakgeloop het.

Kevin het gesê dat hy nie verder mense kan betaal om te help soek na Mielie nie maar dat hyself steeds elke dag sal soek na sy hond.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button