News

Lof vir polisie se ondersoek in Willem Kruger saak

Advokaat 'Bulhond" Gerrie Nel en sy regspan van die Afriforum Privaat Vervolgingsgesag is vol lof met hoe die polisie tot nou toe die Willem Kruger saak hanteer het.

 

Hul woordvoerder, Barry Bateman, het bevestig dat daar Vrydag met Willem se familie vergader is.

“Die familie het ons formeel gevra om te help met die ondersoek.”

Mnr. Bateman sê hulle “sal ondersteuning bied deur hul deure te open vir die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag sou hulle enige van ons kundigheid benodig.”

Hy het gemeld dat dit algemene kennis is dat hulle verskeie voormalige Skerpioene, waarvan adv. Nel een was, in hul midde het, om hul kennis te deel om te help met die ondersoek.

Mnr. Bateman het ook namens die span die polisie, en veral die ondersoekbeampte in die saak, geprys met wat hulle tot nou toe gedoen het in hul ondersoek ten opsigte van die saak.

“Die familie is ook tevrede met hoe hulle die saak tot nou toe ondersoek het.”

Hy noem dat sou dit gebeur dat daar nie kriminele vervolging is in die saak nie, sal hulle die familie ondersteun dat ‘n formele ondersoek gedoen word ten opsigte van die omstandighede wat tot sy dood gelei het.

“Daarmee hoop ons dat ons die familie sal ondersteun sodat hulle afsluiting kan kry met die afsterwe van mnr. Kruger.”

  • Nadat die polisiewoorvoerder gesê het dat ervare polisie duikspanne Willem se bakkie in die Vaalrivier sou gesien het tydens hulle aanvanklike soektog, is die vraag nou: as hy nie in die rivier was nie, waar was hy dan?
  • Dit verskerp net andermaal bespiegelinge wat die afgelope paar weke die rondte gedoen het dat die “bakkie iewers in ‘n stoor” weggesteek is en later na die rivier geneem is.

 

 
Back to top button