News

Kroegstoel-moord, Swart weer in hof

Sean Swart, wat teregstaan vir die moord op Nardus Blokland wat na bewering op 4 November 2022 voor sy vrou Alison by Swart se Tonteldoos kroeg, Highside Taverne, met ’n kroegstoel doodgeslaan is, sal weer in Maart in die Roossenekal periodieke hof voorkom.

Die saak is van Groblersdal na Roossenekal geskuif, weens die tekort aan landdroste en aanklaers in Groblersdal.

Die Blokland egpaar is deur mnr. Swart na sy verjaardagpartytjie genooi, waar mnr. Blokland in ’n speelse stoeigeveg met Swart se swaer, wat onlangs ’n heupvervanging ondergaan het, betrokke was.

Die mans het mekaar glo karate toertjies gewys toe mnr. Swart se swaer op die grond beland het.
Die mans het hierna blad geskud en saam gelag.

’n Woedende mnr. Swart het na bewering dadelik op mnr. Blokland afgestorm en hom met ’n vuishou grond toe geslaan.

Ander gaste het tussenbeide getree word vertel, waarna mnr. Swart die kroeg binne gegaan het, terwyl Alison buite by haar man en ander gaste was.

Sean Swart wat teregstaan vir die moord van sy vriend.

Mnr. Swart het na bewering oomblike later uit die kroeg gekom met ’n houtstoel en mnr. Blokland daarmee aangeval.
Mnr. Blokland is ook na bewering in die aanval met die stoel deur mnr. Swart geskop en met die vuiste geslaan.

Alison het die hele aanval op haar man aanskou.

Partytjiegangers het mnr. Swart weer van mnr. Blokland afgetrek,

Mnr. Blokland was buwesteloos en bloed het by sy mond, neus en ore uitgestroom.
Hy is met noodpersoneel se aankoms by die kroeg, dood verklaar.

Die tragedie het die Vrydagaand voor Saterdag se amptelike verjaardagvieringe plaasgevind.

Mnr. Swart het voor die beweerde aanval lekker saam met mnr. Blokland gekuier, en ongeveer ’n uur voor die aanval ook glo ’n drankie op mnr. Blokland uitgegooi.

Die Blokland egpaar was 31-jaar getroud met twee kinders en kleinkinders.

Mnr. Swart is in Januarie in Groblersdal op R15 000 borg vrygelaat.

Die saak is tot uitgestel omdat die forensiese en nadoodse verslae nog uitstaande is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button