News
Helikopter op pad om na Mielie te soek
Daar sal vandag vanuit die lug gesoek word na die vermiste Australiaanse beeshond, Mielie, wat mense wêreldwyd se harte aangegryp het.
Kevin Ruthven het steeds nie opgegee op sy vierpoot makker nie.
Vandat Mielie verlede week Maandag om 15:00 op die Slaghoek plaas langs die Olifantsrivier weggeraak het, soek Kevin en sy Jack Russel, Brood, onverpoos na hulle maat.
Mielie se verhaal het duisende mense se harte aangegryp en daar is omtrent ’n hele taakmag saamgestel om die legendariese hond op te spoor.
Met die hulp van hommeltuie en spoorsnyhonde is daar egter geen sukses tot dusver nie, maar ’n vlieënier van Benoni, mnr. Richard Burnes, het vanoggend met sy helikopter hierheen gevlieg, om hulp te verleen in die soektog na Mielie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
