News

Munisipaliteit staan op teen dwelms

Besigheidslui sal bly wees om te hoor dat die munisipaliteit standpunt inneem teen die dwelmprobleem in Middelburg.

Mnr. Henning Benadie (Deltec Middelburg) kla dat dwelmgebruikers voor werknemers en kliënte spuit, op sypaadjies rondsit en slaap en in die openbaar urineer.
Boonop het een van die verslaafdes verlede week vir mnr. Benadie gesê dat as hy hom sou afneem en sy gesig op sosiale media sit, hy hom sal dagvaar.

• Mnr. Benadie het gekla dat hulle die munisipale polisie sonder sukses gekontak het.

• Die munisipale bestuurder, mnr. Mandla Mnguni, het in ’n skriftelike antwoord op die klagtes gesê dat géén sakeman toestemming kan gee dat verslaafdes op die sypaadjie kan bly of slaap nie.

Lees ook: Dwelm-euwel buite beheer

Volgens munisipale bywette is dit onwettig om op straat te urineer en dat géén dwelmgebruik toegelaat word nie.

Daar is onderneem dat die area dopgehou sal word om seker te maak dat verslaafdes nie meer daar slaap of dwelms gebruik nie.

• Lede van die munisipale polisie het kort na die klagtes gaan soek na die verslaafdes in die area waaroor gekla is, maar hulle was reeds weg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button