News

Man spring heen en weer oor skool se dakke

’n Man het doodluiters by Hoërskool Middelburg se hoofhek ingestap en toe hy gekonfronteer word, heen en weer op die personeelhuise se dakke rondgespring.

Mnr. Johan Stronkhorst, hoof, sê daar is dadelik opgetree, aangesien dit vir hom allereers gaan oor die veiligheid van die leerlinge in die skool.

Die oomblik toe die man by die hek inkom, is daar vir hom gevra wat hy soek.
Hy het teen die muur opgespring, by ’n dak opgeklouter en heen en weer oor die personeelhuise se dakke gehardloop.

Die span van Titon Sekuriteit en die polisie is gekontak en daar is met die man gepraat, maar hy het elke keer net na ’n ander dak gespring.

Op ’n stadium het hy deur ’n buitekamervenster gespring en is in ’n buitekamer gevind.

Die glas het hom erg gesny en hy is kort daarna deur die polisie (wat die verdagte geken het) weggeneem.

https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7200373537033653509

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button