Ompaaie tot Saterdag vir inwoners
Inwoners van Kanonkop en Dennesig wat dorp toe ry gaan van vandag tot Saterdag alternatiewe roetes moet gebruik, soos Meyerstraat, of Walter Sisulustraat, omdat die munisipaliteit tans besig is om die padoppervlak in die kruising van Lilian Ngoyi- en Beyers Naudestrate op te knap.

Dit geld ook vir dorpenaars wat wat gewoonlik Lilian Ngoyistraat neem na Kanonkop en Dennesig.
Die kruising sal daagliks tussen 09:00 en 15:00 gedeeltelik gesluit word.
Die padoppervlak word oor geteer.
Die munisipaliteit beskryf die proses as “eenvoudige instandhouding,” waartydens ’n nuwe laag materiaal bo op die huidige pad gekompakteer word, sonder om die pad oor te bou.
Verkeersbeheer sal in die kruising wees om verkeer te reguleer.
Inwoners word gevra om liefs alternatiewe roetes gedurende die dag te gebruik.
Siviele werk wat nodig is reg deur die dorp is steeds oral aan die gang weens die voortslepende reën, wat die proses kan bemoeilik en verleng.
