News

Plaasarbeider geskiet, drie gearresteer na mislukte Stoffberg plaasaanval

Daar is ook drie wapens met afgevylde reeksnommers by hulle gevind.

‘n Plaasarbeider is gister kort na 17:00 in sy nek op die plaas van mnr. Jan Uys in die Stoffbergdistrik geskiet, nadat hy vermoedelik een van die drie aanvallers herken het.

Die plaaswerker het glo ‘n naam uitgeroep, waarna hy trompop deur die bende geskiet is.

Mnr. Uys wat in sy stoor, ‘n paar tree vanwaar die arbeiders woon, bedrywig was, het die skoot gehoor en alarm gemaak.

“Ek het uitgegaan en gesien hoe spat die werkers uitmekaar na die skoot”.

Hy vermoed dat die aanvallers op die werkers se blyplek toegeslaan het om hulle vas te bind, sodat hulle mnr. Uys in die stoor kon oorval.

Mnr. Uys het boere van die omgewing van die aanval in kennis gestel waarna boere opgeruk, en verskeie uitgangsroetes gemonitor het.

Hyself is agter die aanvallers aan.

Die aanvallers is by Laersdrift gewaar waar hulle van die pad gedwing is.

Al drie is gearresteer.

Tydens ondervraging het hulle glo erken dat hulle plase teiken vir geld.

Hulle het ook glo erken dat hulle vir mnr. Uys “gekom het”.

Daar is ook drie wapens met afgevylde reeksnommers by hulle gevind.

Daar is aan die Middelburg Observer genoem dat die wapens moontlik polisiewapens is, waarvan die reeksnommers afgevyl is.

Volgens mnr. Uys is verdere inligting rondom die aanval nog onduidelik.

Hy het groot lof vir die polisie wat boere blitsig bygestaan het.

Volgens mnr. Uys het die plaaswerker die aanval oorleef maar baie bloed op die toneel verloor.

“Hy is kritiek beseer”.

Mnr. Uys bedank ook die boere wat hulp verleen het.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button