KYK: Storm saai verwoesting, dam verander in “see”
Bome uitgewaai en paaie gesluit nadat hemelsluise oopmaak.
Forever Loskopdam het in ’n “see” verander na ’n reuse storm die omgewing gistermiddag laat getref het.
Foto’s en videomateriaal wat aan die Middelburg Observer verskaf is, wys hoe bote deur reuse golwe uitgespoel word en groot bome en takke deur ’n rukwind uitgewaai is.
’n Inwoner sê dat daar verwoesting oor die hele Vallei is, nadat veral ou bome op die Avontuurpad, asook by De Voetpadkloof, uitgeruk is.
Die potte en stoele by die Meraki spa, op loskopdam se oewers, is van die stoep af gewaai.

Mnr. Hanno Coetzee, bestuurder van Forever Resorts Loskopdam, het bevestig dat hulle die swaar weer beleef het. Die oord is gelukkig skade gespaar en is nog oop vir besoekers.
De Voetpadkloof het vroegoggend begin skoonmaak en is ook slaggereed om besoekers te ontvang.
• Die onlangse swaar weer het geweldige skade veroorsaak in Mpumalanga.
• ’n Gedeelte van die pad tussen Hendrina en Wonderfontein is weggespoel nadat ’n besproeiingsdam dansky swaar reën meegegee het.
• Die R536 tussen Hazyview en Sabie is ook gesluit nadat die pad weggespoel het.
• Twee wendyhuise by die Koppiestraat-behuisingsprojek is platgeval deur ’n bloekomboom.
• ’n Sluis by Middelburgdam is sedert Vrydag oopgelos terwyl die damvlak vassteek op 100%.
• Die laagwaterbrug in Proteaweg, op pad na Mhluzi, is ook gesluit weens oorstromings.
@middelburgobserver Loskopdam in “see” verander deur storm
