News

As dit diesel reën, dan skep ons….

Hordes mense het met kanne toegesak op ’n trok nadat dit naby die ingang van Machadodorp gerol het.

Die trok het naby die BP Vulstasie se T-aansluiting (naby die B4) reguit oor gery en gerol. Dit blyk dat die remme geweier het.

Ooggetuies sê daar het letterlik kort nadat die ongeluk plaasgevind het, mense van oral af gekom het met kanne om dit vol diesel te maak.

• Die trokdrywer is nie ernstig beseer in die ongeluk nie.

• Dit is ’n algemene probleem op ongelukstonele dat mense soos aasvoëls op tonele toesak en van diesel tot enige artikels wat agterop bakkies en trokke is, wegdra.

In die meeste gevalle is hulle ook glad nie gepla of die mense in die voertuie beseer is of nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button