Drawwers moet spring – Loskop Marathon spertyd oor twee weke
Een van die land se gewildste wedlope, die Loskop Marathon, word die eerste keer sedert 2019 aangebied.

Daar is ’n nuwe borg in Nashua, maar die wedloop oor 50 kilometer, begin weer op Middelburg en eindig by Forever Loskopdam.
Die drawwers wat hou van ’n uitdaging en om in die mooiste natuurskoon te draf, kan die Wild Challenge oor 21 km in die Loskopdam Natuurreservaat aandurf. Die wedloop begin net voor die reservaat se hek, maar eindig ook by Loskopdam met die laaste paar kilometer al langs die dam langs.
Deelnemers sal egter gou moet spring, want die sluitingsdatum is reeds op 17 Maart.
Daar kan aanlyn ingeskryf word by loskop@peaktiming.co.za.
Inskrywings kan ook by die Middelburg Marathonklub per hand in Lilian Ngoyistraat gedoen word.
Goeie nuus is dat die wedloop ’n laaste geleentheid is om vir die Comrades marathon te kwalifiseer, wat op Sondag, 11 Junie, plaasvind. Die Loskop bied een van die mooiste eindpunte by enige wedloop met drawwers wat Varaday Hill moet uitspook en dan skielik lê Loskopdam met sy asemrowende skoonheid voor jou.
Vir navrae kan 061 919 1003 geskakel word.
@middelburgobserver Loskop Marathon is terug!
