Bloedspatsels aanduiding dat man se kop deur venster geslaan is
Bloedspatsels op ’n stoep en ’n gebreekte glasvenster is die stille getuienis van ’n geveg waar ’n man se kop ’n venster getref het.
Dit is die soveelste geveg die laaste paar jaar op die dorp waartydens mense se oë uitgesteek en een doodgeslaan is.
Mnr. Francois Steyn (Hoofkantoor) sê hy het deur die nag van die geveg gehoor.
’n Man het laataand daar aangekom, wat reeds dronk was.
Die persoon is gevra om te gaan toe hy op ’n stoel aan die slaap geraak het.

Deur die nag het hy verneem dat ’n persoon se kop deur ’n glasvenster by ’n naburige besigheid geslaan is.
•Die venster waar dit gebeur het, was vanoggend nog stukkend en daar is op die toneel gemeld dat dit versterkte glas is.
“Sy kop moes daardie venster met ’n hengse slag getref het.”
•Mnr. Henk le Roux, wat in die omgewing was, het gesien die mense drom saam by die venster en ook nadergestaan. Hy het die bloedspatsels gewys onder die venster waar die slaggoffer se kop erg moes gebloei het. Alle aanduidings is dat die man met die vuis geslaan en sy kop die venster getref het.
