News

Storm broei in Aerorand oor opvangputte

Inwoners van Aerorand rondom Lebombostraat, waar dit kruis tussen Seinheuwelsingel en Swartbergstrate, sukkel al lank met watermassas wat weens onvoldoende stormwater infrastruktuur in Lebombostraat opdam.

Die munisipaliteit het uiteindelik begin om nuwe stormwater dreine en pype in die omgewing aan te bring.

Wyksraadslid Hennie Niemann sê die projek is amper voltooi, wat die probleem vir inwoners sal oplos.

Inwoners is dankbaar vir die dienste, maar sommige mor oor die handewerk van die kontrakteur, wat mnr. Niemann sê al vorige projekte suksesvol in die dorp voltooi het.

Volgens mnr. Niemann word daar tans twee vangputte elk in Seinheuwel- en Swartbergstraat gebou.
Dié putte sal gekoppel word aan die hoofstormwaterpyp.

Op een plek is die pype egter nie reguit aan mekaar gekoppel nie, weens die natuurlike hellings van die pad.

Weens swaar masjienerie is daar skade aan die padoppervlak aangerig, ’n hoofwaterpyp is flenters gegrawe en ’n kompleksmuur omgestoot.

Die beskadigde waterpyp wat sommer met plastiek gelas is, maar nie geseel is nie.

’n Inwoner van een van die Seinheuwel komplekse sê hy verstaan nie hoekom die werk gedoen word nie, nog minder hoekom ’n kontrakteur van Gauteng aangestel is vir werk wat die munisipaliteit self sou kon doen.

Toe die waterpyp raak gegrawe is, het miljoene liters water vir minstens 15-ure lank gevloei voordat die munisipaliteit die water toegedraai het.

Mnr. Niemann sê dat die vermorsing veroorsaak is deur ander werk by Vaalbank se suiweringswerke en Uitbreiding 18.

Die pyp is gelas deur die kontrakteur maar twee dae later het die las gebreek en moes die munisipaliteit eindelaaste die las permanent herstel.

Die klaer sê in een van die vangputte is daar sommer ’n gat deur die hoofstormwaterlyn gekap, wat hy meen nie weggevoer sal word nie, omdat die water weer gaan opstoot weens druk van onder af.

Hy vrees sinkgate in die pad voor hulle kompleks en sê dat die kontrakteur ook ’n muur moes herbou wat deur ’n voorlaaier omgestamp is.

Weens die skade was Aerorand, Groenkol en Mineralia drie dae lank sonder water.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button