Puma motiveer kinders om te lees
Toe Suidoos-Transvaal Rugby-unie in 1997 ’n nuwe identiteit aanneem, is die geel varkoor op die linkerbors vervang met ’n grommende Puma (bergleeu) afgelei van Mpumalanga.

Vir die eerste keer het die provinsie ook ’n gelukbringer gehad. Sy naam was Puma.
’n Jong skoolseun, Pieter Swanepoel, was die gelukbringer.
Tydens ’n wedstryd op die Johan van Riebeeck Stadion is ’n boer van Groblersdal, Kobus Badenhorst, deur ’n groep onderwysers uitgedaag om Puma te duik.
Hy het oor die reling gespring en Pieter so hard platgeloop, dat hy ’n haarlynbreuk aan sy rugwerwel opgedoen het.
Vir lank is die gelukbringer aan diens onttrek.
In 2003 vier Lydenburg Rugbyklub hulle honderdjarige bestaan en smeek dat Puma by hulle rugbydag optree.
Hy is so hard deur ’n student geduik dat X-strale gewys het dat twee van sy rugwerwels geskuif het.
Die Mpumalanga Rugby-unie se uitvoerende hoof, Chris Buitendach, het Puma aan verdere diens onttrek en die mondering aan die Middelburg Observer geskenk.
’n Onderwyseres, Marlize Loubser, skryf ’n toneelstuk van “Ponkie die slim donkie” wat net wou speel en nie lees nie. Hy kry verskeie take, wat sy ma op ’n yskas opplak. Wanneer sy dorp toe gaan, moet Ponkie lees wat die opdragte is. Omdat hy nie kan lees nie, verander sy dag in ’n deurmekaarspul en sy ma raas met hom toe sy by die huis kom. Hy onderneem om elke dag te lees.
Ponkie word Puma en siedaar: ’n Suksesvolle leesprojek.
Die projek kan aktief in die klaskamer voortgesit word met ’n Pumaplakker wat die koerant voorsien vir die beste lesers of leerlinge wat die meeste lees.
Om die Pumaprojek te bespreek bel Tobie by 072 2201 568.
@middelburgobserver Die Pumaprojek motiveer kinders om te lees
