News

Man dood op sypaadjie voor besigheid gekry

Hawelose man dood op sypaadjie gekry.

‘n Boksie met al sy persoonlike goedjies daarin, is al wat gekry is by ‘n man wat vanoggend kort voor 10:00 dood op ‘n sypaadjie gekry is.

Verbygangers het gesien dat die man by die deur van ‘n besigheid by die Boven parkeerarea lê.

Lede van die munispale polisie het hul voertuie weerskante van die toneel gestop, terwyl hulle vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens gewag het.

Hy het klaarblyklik nie sigbare beserings aan hom gehad nie en bestaan die vermoede dat hy moontlik aan natuurlike oorsake dood is.

  • Daar is rondgevra of enige persoon die man ken en het ‘n omstander gesê dat hulle al gesien het dat hy los werkies in die omgewing doen. Hulle het gemeld dat hy bejaard is

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button