News
Boewe knip wildsheining, wildehonde al dae gesoek
Twee wildehonde van die Ubhetyan wildsplaas word gesoek nadat booswigte die wildsheining geknip en die diere uitgekom het.
Mnr. Deon Cornelius sê drie wildehonde het uitgekom, maar sedert hul verdwyning word daar net twee saam gesien, wat hom laat dink dat een dat iewers gevrek het.
Die twee wildehonde, albei reuns, is Saterdag vir die laaste keer net voor die De Voetpadkloof afrit deur ’n motoris gesien, toe hulle oor die teerpad gehardloop het.
Mnr. Cornelius sê hulle volg alle leidrade op en het al oral gesoek, maar kon tot op hede nie die diere opspoor nie.
Hy vermoed hulle beweeg in die rigting van Loskopdam.
“Wildehonde is nie aggressief nie, hulle is baie sku.”
As iemand hulle opmerk, bel dadelik vir mnr. Cornelius by 061 588 3714.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!