’n Plasing met die woorde: “Willem Kruger is vermoor. Ek sal dit aanhou glo totdat die bewyse en Gerrie Nel my verkeerd bewys,” wat gister gemaak is, laat die wenkbroue lig.
Mnr. Tertius Verwey, sy seun, Jacques, is getroud met Willem se suster, Danelle, is ook by die boodskap ingetrek (“Tag”) en hy het dit gedeel.
By navraag het hy gesê dat hy sedert Willem se afsterwe plasings deel.
“Ek het dit nie op Facebook gesê nie. Ek deel net boodskappe oor Willem.”
Die boodskap is gedeel deur Domain Holtzhausen, wat mnr. Verwey ingetrek het in die plasing.
Nadat mnr. Verwey die boodskap gedeel het, het ’n ene JJ Calitz gesê: “julle jaag spoke op”, waarna mnr. Verwey hom gevra het of hy by die rampartytjie was.
Hierop was JJ se antwoord: “Ek glo net nie Facebook is die plek om menings te lig van bespiegelinge nie. Die ondersoek sal seker die waarheid uitbring as die ondersoekbeampte alle aspekte ondersoek. Nee, ek was nie daar nie, sou ook nie gegaan het nie. Ek is al jare droog en gaan beslis nie soontoe om Coke te geniet nie.”
Na JJ se plasing het Domain die volgende kommentaar gelewer: “dieselfde spook wat Willem se bakkie in die rivier laat beland het? Ja, ons jaag hom.”
• Domain, ’n vriendin van Willem, het sedert sy verdwyning en dood al talle boodskappe op Facebook geplaas.
• Op 22 November 2022 skryf sy:
So seer. Kan jy net nog eenkeer kyk of my een eyelash reg lyk vir die foto?
Kan jy net nog eenkeer sê ek moet nogsteeds op my tone staan om jou by te kom al het ek hakke aan?
Kan ons net nog een keer foto’s van ons pitbulle deel? Kan ek weer RB toe ry vir jou? Ek wens jy kon jou botteltjie sonblok die somer gebruik.
Ek wens dit was nie jy nie.
Asseblief bly nog ’n rukkie totdat ons beter voel.
#justiceforwillemkruger
#geregtigheidvirwillemkruger”
• 29 Desember 2022:
“Jesus, breek die bene wat wil weghardloop van die waarheid!
Bid vandag vir Willem. Bid vir Geregtigheid. Breek die bene Jesus, bring dit tot stilstand en maak dit vir ons klaar! Breek bene breek in Naam van Yeshua.
Ai. Bid op sosiale media en bid in jou kamer. Waarokal jy is, bid aanhoudend en gedurig.”
• 24 Januarie 2023:
Hoekom het ons Afrikaner/Boere volk nie meer God se seën soos voorheen nie?
Want ons het monsters in ons eie mense.
’n Ander volksras kan nie blameer word nie.
#bidvirgeregtigheid #bidvirwaarheid.”
• Later dieselfde dag plaas sy die woord “Geregtigheid” met dié woorde uit Jesaja 1:21: “Die getroue stad het ’n ontrou slet geword. Die stad wat die tuiste van die reg was, waarin geregtigheid geskied het, is nou vol moordenaars!”
29 Januarie 2023:
“Gewoonlik bid ek op my knieë en nie Facebook nie. Maar social media behoort aan My God.
Om mense te vra om te bid háát ek. Maar jissie, hierdie is so ’n ongewone, vieslike, onmenslik erge situasie, ek weet nie eers wat om te tik nie.
Ek vra dat almal hul gebede rig na die Groot Hof in die Hemel. Dat almal wat die lees, Willem se saak by God sal neerlê. Die skuldiges sal aankla by God.
Al mag ons dalk eventually presies weet wat daai oggend vroeg gebeur het, geregtigheid moet op aarde ook geskied. Ek vra elkeen wat die lees om te bid dat die hoofverdagtes en medepligtiges, tog net sal praat.
Dis so moeilik, maar jy wat hier lees weet ek praat van jou, en ek wil net vir jou sê, al voel ek dit nie, ek vergewe julle, want julle het nie geweet wat julle doen nie, ek wil julle gladnie in die Hemel eendag sien nie, maar ek hoop dat julle bekeer…want dan het God nog ’n siel gewen.
En as dit nou maar so is, sal ek werk todat ek eendag vir God kan sing “it is well with my soul”.
#geregtigheidvirwillemkruger
#justiceforwillemkruger
#biddathullesalpraat!”
29 Januarie 2023:
God se beloftes.
Hy het die oorlog vir jou klaargemaak liefste Willem en Hy kom terug met die koppe van jou vyande.
#geregtigheidvirwillemkruger
#justiceforwillemkruger.”
4 Februarie 2023:
Oom Tian, ons bid en roep die leeu op binne oom, om sterker, wyser en magtiger op te tree. Om harder te brul, as oom se stem wegraak.
Ons beveel skerper instinkte om te aktiveer, ons spreek bonatuurlike energie oor oom se liggaam, ons spreek genesing oor elke somatiese sel in oom se liggaam, ons bid vir volle hidrasie na al die trane.
Ons bid dat God oom se verstand, wil en emosies gevangene sal neem, en dit gehoorsaam maak aan Hom. In Jesus Christus se Naam, amen.
#geregtigheidvirwillemkruger
#justiceforwillemkruger.”
9 Februarie 2023:
“Geregtigheid: 1 Petrus 3:14: Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.”
12 Februarie 2023:
“Hoop julle het ’n baie slegte Sondag. Elke keer as julle jul hande sien: bestuur, foon vashou, eet, was, hoop ek julle sien Willem se bloed.”
13 Februarie 2023:
“It is absolutely mind boggling, how far people will go, to avoid personal accountability.”
14 Februarie 2023:
“Hell is empty and all the devils are here. William Shakespeare.”
Gister is die plasing gemaak waarin gesê word dat sy glo Willem Kruger is vermoor.
Daar is onsuksesvol gepoog om met Domain kontak te maak.
