News

Die dag toe magtige Maties so byna teen Belfast gestruikel het

Op 1 Junie 1981 ruk die magtige Maties na Ermelo op om teen Belfast te speel in die Rapportryerskorps se rugbydag.

Maties word afgerig deur dr Danie Craven. Die span wemel van Springbokke en Westelike Provinsie spelers: Fritz Wolmarans, Colin Beck, Henning van Aswegen, Shaun Povey, Hempies du Toit, Hennie Bekker en Rob Louw.

Belfast word aangevoer deur skrumskakel Nico Kriek.

Die span is: China Vorster, Chris van Zyl, George Minnaar, Rickert Moll, Pieter Bruwer, Hennie Schoeman, Nico Kriek, Jan Harris, Hendrik van der Merwe, Faantjie Coetzer, Willem Smit, Ben Schoeman, Pieter Peach, Jakkals Vermaak, Nan Broekman. Plaasvervangers: Chris Wolmarans, Ernst van den Berg, Willem Pretorius, Jan Burger.

Cor Leijenaar skryf Maandag in Beeld:

“Dit gons in Suid-Afrika oor die skitterende vertoning van Belfast op Ermelo se rugbydag toe hy die volle Matie-span, die Suid-Afrikaanse klubkampioen, byna laat struikel het.”

In die middel van die tweede helfte was Belfast nog met 16-12 voor, maar Maties se meer afgeronde spel maak die eindtelling 28-16.

Belfast Rugbyklub hou op 18 Maart, om 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl en die vertoning teen Maties sal beslis weer opgediep word.

Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:

Ferdie Brits 082 337 8776.

Ernst van den Berg 083 2271 051.

Francois de Villiers 082 9265 759

Gawie van Rensburg 082 8064 825

Ryno Kleinhans 084 7179 122

Johan Burger 082 9219 821.

Die Belfast Rugbyklub het in 1904 sy honderdjarige bestaan gevier.

Dit is ’n klub met kleurryke geskiedenis en honderde interessante staaltjies wat oor die volgende week met lesers gedeel sal word.

Een so voorval was toe ’n woeste geveg ’n wenfoto opgelewer het.

Middelburg het by “die lang bome”, soos die klubveld bekend was, gespeel.

Nadat George Minnaar ’n Belfast speler platgeslaan het, het die flank, Faantjie Coetzer, nadergestorm. Hy het Minnaar op sy sitvlak laat beland, met ’n regter swaaihou, wat Mike Tyson sou jaloers maak.

Spelers het uit alle rigtings nadergestorm en lank appels geswaai.

Daardie foto was later een van die sportfoto’s van die jaar in ’n fotografie kompetisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button