Ou akker reus aan brand gesteek
Haweloses en dwelmslawe spuit en urineer nie net voor mense nie, maar het ’n reuse ou akkerboom laasnag aan die brand gesteek.
“Toe ek net voor 08:00 by die werk kom, het ek gesien die boom smeul nog. Hulle moes hom gestook het van laasnag af om soveel skade te veroorsaak,” sê mnr. Braam Lee.
Mnr. Lee het dadelik met die brandkraan begin om die smeulende boom te blus, waarna reaksielede van Mid Alarms by hom oorgeneem het.
Hy is omgekrap oor die pragboom, wat afgesaag sal moet word, aangesien hy moontlik kan omval.

“Die bome is presies mooi langs mekaar gespasieer en gee heerlike koelte. Dit gaan nou baie sleg lyk as hy afgesaag word. Die boemelaars kan net plunder en hulle gee nie om nie, want hulle net niks mee om te verloor nie!”
Mnr. Lee onthou hoe hy twee weke gelede ’n hawelose met die polisie gedreig het, as hy nie voor sy besigheid geepad nie.
“Hy het net uitdagend gesê: ‘bel hulle, ek geen nie om nie. As hulle my toesluit, is ek droog as dit reën en het ek kos om te eet.
@middelburgobserver Beautiful Acorn tree set on fire by trouble-making vagrants
