News

Reuse beloning vir Mielie weer verhoog

Dis dag 24 wat die Australiaanse beeshond weg is.

Daar is nou ’n R15 000 beloning vir wie ookal Mielie veilig aan sy eienaar kan terug besorg.

Al word Mielie nou al vir meer as twee weke vermis het sy eienaar, Kevin Ruthven, en die Zambi-soekspan nog nie hoop verloor nie en die oorspronklike beloning van R10 000 opgestoot.

Marthina van die Zambi-soekspan sê dat hulle oortuig is Mielie lewe nog en hoop dat hy homself tuisgemaak het by een van die statte wat die Slaghoekplaas omring.

Mielie het iewers langs die Olifantsrivier, op die plaas net duskant Doornkop, weggeraak.

Indien iemand inligting het oor waar Mielie is, kan hulle vir Marthina kontak by 082 895 7807.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button