News

Hondjie is aan taxidrywer verkoop

Die hondjie waarna daar sedert gister gesoek word, is aan ’n taxidrywer verkoop.

Michael Bakker het gistermiddag in die Middelburg Observer se redaksiekantoor gesê hy wil regmaak waar hy verbrou het.
Terwyl hy snikkend erken dat hy heroïne gebruik, het Michael (33) om vergifnis gesmeek.

“Ek is jammer, ek sal die hondjie gaan terugkoop by die taxidrywer, ek belowe!”

Sy beloftes volg nadat al wat ’n noodgroep rondgery het om hom op te spoor na me. Jannet Venter se plasing op Facebook.
Me. Venter het gevra dat almal op die uitkyk moet wees vir Michael, want haar babahondjie, Kylie, is gesteel.

Die foto’s wat sy op Facebook geplaas het, was Michael van agter afgeneem met die hondjie in ’n sak oor sy skouer en ’n onlangse gesigfoto. Sy het die foto van hom met die hondjie in die sak gesien, toe iemand op Facebook gesê het dat hulle hom gesien krap het in ’n asblik met die hond in die sak oor sy skouer.

Die foto wat op Facebook geplaas is, waar Michael met die hond in ’n sak oor sy skouer rondloop. Hy het beloof om vandag die hond te gaan terugkoop.

Me. Venter het aanvanklik gehoor sy naam is Werner, maar mense het haar reggehelp en genoem dat sy naam Michael Bakker is.

Daar is ook op die Middelburg Observer webtuiste ’n berig gedoen waarin ander haweloses gesê het dat Michael “klaar die hond aan ’n Nigeriër verkoop het”.

Die Middelburg Dagpatrollie het ook die plasing gesien en gistermiddag omstreeks 16:00 met Michael by die Middelburg Observer se kantore opgedaag.
Hulle het Michael by ’n informele dobbelhuis in die dorp gekry en hom na die koerant se redaksie toe geneem.

Volgens Michael het hy nie die hond by ’n huis gesteel nie, want die eienaar van die hond bly naby Rietfontein Riviersand.

“’’n Man het my Dinsdag genader en gevra of ek die hond wil hê om te verkoop. Hy gebruik ook dwelms.”

Michael beweer hy en die man het saam by ’n plek wat hy die “Passage” noem dwelms gekoop, waarna die man hom saamgeneem het na sy huis toe.
“Ek kon daar stort en ons het gepraat oor die hond.”

Lees ook:

Dagpatrollie bring Kylie huistoe

Michael sê hy het ingestem om die hond te vat en daar is ooreen gekom dat die “ander persoon” vir hom die hond bring.

Hy het vir hom gewag by die verkeerslig op die hoek van John Magagula- en Oranjestraat en die ander man het vir hom die hond gegee.
Vandaar is Michael na die taxistaanplek waar hy met die hond rondgeloop het om ’n koper te kry.

“Ek wou R400 vir die hondjie hê, maar die taxidrywer was net bereid om R200 te betaal en het ek dit aanvaar.”

•Michael het tydens die onderhoud ook erken dat dit hy en ’n vriend van hom was wat onlangs voor mnr. Henning Benadie se besigheid dwelms gebruik het.

Mnr. Benadie het vir die joernalis ’n video gestuur waar hy vir Michael betrap het waar hy dwelms spuit op ’n sypaadjie in Cowen Ntulistraat.
Terwyl hy die foto’s en ’n video geneem het van Michael, het hy dreigend geraak.

“Hy het gesê ek gaan die res van my lewe vir sy dwelms betaal as ek dit op enige sosiale media platform plaas.”

Michael sê “ek wou teruggaan om verskoning te maak, ek wou, regtig.”

Hy het ook bevestig dat hy al omtrent vyf keer by Hope Corner was en “dat dit lekker was om op ‘n stadium lank skoon te wees. Ek wil graag weer gaan vir hulp.”

• Mnr. Arhtur Hill (Middelburg Dagpatrollie) het hom gevra of hy ernstig is om hulp te kry en Michael het huilend ja gesê

Mnr. Hill het dadelik vir past. Jannie Jacobs (Oorwinnaars Halfweghuis vir dwelmverslaafde mans) gekontak.
Past. Jacobs het gesê wat hy ’n plekkie sal maak vir Michael.

Die reëling is dat Michael die Dagpatrollielede iewers in die dorp moet ontmoet, waarna past. Jacobs vir Michael vanaand sal oplaai.
Mnr. Hill het gesê dat hulle sal help met die kostes vir sy verblyf by Oorwinnaars.

• Me. Venter wou gister al ’n saak by die polisie gaan maak vir die diefstal van haar hond. Sy was is bereid om te wag om te kyk of Michael sy beloftes vandag nakom.

“Ek het Kylie as geskenk gekry vir my seun, Ruan.”

Sy het hartseer vertel dat Kylie net verlede week van die veearts af gekom het waar sy behandel is vir katgriep. “Dit was baie traumaties vir haar en nou beleef sy wéér trauma!”

Kylie is verlede week vir katgriep behandel by ’n veearts en haar eienaar is ontsteld dat sy nou gesteel is en wéér deur trauma moet gaan.

Sy het bevestig dat sy buite die dorp bly.

• Vroeg vanoggend is daar ’n stemboodskap op WhatsAppgroepe uitgestuur, waarin ’n sakeman kommentaar gelewer het oor die diefstal van die hond.
Hy noem sy besigheid is in die omgewing tussen Cowen Ntuli- en Rivierstraat.

“Daar is altyd twee mans, waaronder die een op die foto, asook ’n vrou, wat omtrent twee tot drie keer per week met honde na ons plek toe kom! Hulle wil altyd die honde aan ons verkoop en dan jaag ons hulle weg!”

Verlede week het hulle sommer twee keer honde aan hom probeer verkoop en het hy hulle weer verjaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button