News

Dagpatrollie bring Kylie huistoe

Die Middelburg Dagpatrollie het pas vir Kylie in Avalon gaan terugkoop.

Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) het die pitbullterriër hondjie na die Middelburg Observer se kantore gebring, nadat hy haar gaan koop het.

Dwelmverslaafde Michael Bakker het eergister die hond aan ’n taxibestuurder verkoop in die Iraq taxistaanplek vir R200.
Hy het onderneem dat hy vandag die hond sal probeer terugkoop.

Die foto wat gister in die taxistaanplek geneem is van Michael Bakker en Kylie.

Mnr. Hill het egter vroeg vanoggend begin navraag doen by die taxistaanplek, waar daar vir hom ’n foto gewys is waar Michael met die hond in die taxistaanplek rondgeloop het.

Lees ook:

Hondjie is aan taxidrywer verkoop

Mnr. Hill het die adres bekom van die persoon waarheen die hond geneem is en hy het die hondjie vir R500 teruggekoop.

Op die erf was ook twee deense honde (great danes) en ’n bulterriër. Mnr. Hill sê die ander honde was glad nie aggressief teenoor hom of die klein hondjie nie.

Kylie op die joernalis se skoot, terwyl die berig gedoen word oor mnr. Arthur Hill (Middelburg Dagpatrollie) wat Kylie teruggekry het.

Lees ook: 

Pitbull hondjie wat gesteel is, moontlik verkoop

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button