Rugby op Stoffberg terwyl boere-orkes speel
Stoffberg kan dalk net ’n stippeltjie op die landkaart wees, maar in 1949 is daar groot rugby op die dorpie gespeel.
Die rugbyveld was langs die spoorlyn en tente het as kleedkamers gedien.
Dwarsdeur die wedstryd speel ’n boere-orkes.
Belfast het een jaar op Stoffberg gaan speel en dit het te lekker gegaan met entoesiastiese toeskouers en die vastrap klanke wat bokant die skeidsregter se skril fluitjie uitgestyg het.
Toe die eindfluitjie blaas en die spelers tente toe mik, word daar weer hard op die fluitjie geblaas.
Daar is so lekker gespeel en musiek gemaak, dat die toeskouers niks wou weet van ’n eindfluitjie nie.
Die twee spanne se kapteins stem in dat die wedstryd voortgesit word en spel word eers gestaak toe die lig te swak raak.
Belfast Rugbyklub hou op 18 Maart, vanaf 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.

Een van die klub se legendes is die Springbok, Polla Fourie.
Polla bly die laaste klompie jare in die Oos Kaap en daar word gepoog om hom ook hier te kry
Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:
Ferdie Brits 082 337 8776.
Ernst van den Berg 083 2271 051.
Francois de Villiers 082 9265 759
Gawie van Rensburg 082 8064 825
Ryno Kleinhans 084 7179 122
Johan Burger 082 9219 821.
