News

Cobus Fourie voltooi 40ste Ysterman

Die “Kaap van Verrassings” het gesorg vir sterk winde en reën, wat deelnemers aan die Isuzu Afrika Ysterman kampioenskappe in Gqeberha laat swoeg het.

Lid van Middelburg Fietsry- en Marathonklub, Cobus Fourie (66), het ’n moeilike Sondag oorkom en die enigste Suid-Afrikaner geword wat 40 Ysterman kompetisies voltooi.

Die eerste ysterman uitdagings het bestaan uit roei, fietsry en draf, maar die roeiskof is later na swem verander.

Na ’n goeie lopie in die swem en skitterende fietsry, waar Cobus opgeskuif het tot derde plek in sy ouderdomsgroep, het die veteraan atleet harde bene gekou in die 42.2 kilometer.

Erge krampe en skaafmerke het gemaak dat hy diep moes delf.Hy het die Ysterman in 13:34:27 klaargemaak en ’n geskiedkundige mylpaal bereik.

Cobus het in ’n boodskap aan sy vriende gesê: “Dit is net vermag met baie genade en liefde van Bo. Sonder dit is ek tot niks in staat nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button