Vrydag en Saterdag rugby, Sondag hou almal saam kerk
Belfast Rugbyklub moes twee oorloë, die Groot Griep en depressie oorkom, sodat hy in 2004 sy honderdjarige bestaan kon vier.
Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914, vertrek Belfast se jong inwoners na die slagveld en posmeester Wilkie probeer alles in sy vermoë om die klub aan die gang te hou.
Hy is voorsitter en reël wedstryde teen Lydenburg op ’n “rugbyveld” wat halfpad tussen die dorpe geleë is.
Dit was gewoonlik by Dullstroom of Badfontein.
Die spelers moes teen Woensdag te perd of perdekar vertrek om betyds te wees vir die wedstryd.
Dit was die plig van die klub wat eerste by die afgesproke “veld” kom, om dit skoon te brand en pale op te rig.
Vrydag is die eerste rondte gespeel. Saterdag die tweede rondte en Sondag hou almal saam kerk.
Maandag vat almal weer die pad terug huistoe.
Die Groot Griep volg in 1918. Baie mense sterf en families word uitgewis.
Gedurende die twintiger en dertigerjare was armoede aan die orde van die dag.
•Belfast Rugbyklub hou op 18 Maart, vanaf 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.
Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:
Ferdie Brits 082 337 8776.
Ernst van den Berg 083 2271 051.
Francois de Villiers 082 9265 759
Gawie van Rensburg 082 8064 825
Ryno Kleinhans 084 7179 122
Johan Burger 082 9219 821.
