Vreemde vlieënde voorwerp ‘dans’ in die lug
Terwyl dit heen en weer skiet, soms in ’n balletjie-vorm en dan weer breër, het ’n vreemde vlieënde voorwerp mense Vrydagaand vasgenael na die wolke laat staar.
Die joernalis en haar familie het ook die voorwerp gesien, wat op ’n stadium soos ’n aktiewe, dansende wolkie gelyk het.
Dit het heen en weer in die lug beweeg en soms sirkelbewegings gemaak en dan weer gelyk of dit terugspring tussen die wolke in.
Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) meld dat hulle dit ook gesien het, terwyl hulle by die Middelburg Observer kantore gestaan het kort voor 22:00.
Hulle het gewag vir dwelmverslaafde Michael Bakker, sodat hy opgelaai kon word om na die Oorwinnaars Halfweghuis te gaan.
Terwyl hulle daar rondgestaan het, het hulle die verskynsel in die wolke opgemerk.

Daar is bespiegel dat dit ’n kuierplek se lig is.
“Ek het egter vir hulle gesê dat ’n mens van die grond af die strale sou sien wolke se kant toe en met my flitslig dit gedemonstreer.”
Sommige mense het gewonder of dit nie ’n hommeltuig kon wees nie, maar dit het het in ’n spesifieke area tussen die wolke rondbeweeg vir meer as twee tot drie ure. Die bewegings was ook die hele tyd bykans dieselfde.
• Mnr. Hill se dogter, Lourissa, het ’n paar sekondes van die verskynsel met haar selfoon afgeneem.
• Sy en mnr. Janus Coetzer het ook foto’s geneem van die verskynsel tussen die wolke.
• As enige persoon weet watse verskynsel dit was, bel Daleen Naude by 013 243 1434 of stuur ’n e-pos na daleen@mobserver.co.za.
@middelburgobserver Watse vreemde vlieënde voorwerp is Vrydagaand oor Middelburg gesien?
