All Black Billy Bush het vir Belfast gespeel
Die legendariese All Black voorry, Billy Bush, het vir Belfast gespeel.
Nee, natuurlik nie Belfast op die Oostelike Hoëveld nie, maar Belfast in Nieu Seeland.
Bush was lid van die Belfast klub in Christchurch voordat hy ’n All Black geword het.
Tydens die All Blacks se besoek aan Witbank in 1976, waar hulle teen die Gekombineerde Plattelandse span gespeel het, word Bush as ere-lid van die hoëveldse Belfast vereer.
By die onthaal na die kragmeting, wat die All Blacks met 13-48 gewen het, is ’n Belfast sakwapen aan Bush oorhandig.
Die Plattelandse span is saamgestel uit spelers van Suidoos-Transvaal, Verre Noord-Transvaal en Rhodesië (Zimbabwe).
Twee Belfasters, Polla Fourie en China Vorster, het vir die Plattelandse span gespeel.
Ander Suidoos spelers in die span was Boerpens Strydom, Tollie du Preez, Jerry van Rooyen, Johan Spies en Martin van Eeden. Harry Muller en Jan Loubser was plaasvervangers.
Belfast Rugbyklub hou op 18 Maart, om 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.
Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:
Ferdie Brits 082 337 8776.
Ernst van den Berg 083 2271 051.
Francois de Villiers 082 9265 759
Gawie van Rensburg 082 8064 825
Ryno Kleinhans 084 7179 122
Johan Burger 082 9219 821.
Die Belfast Rugbyklub het in 1904 sy honderdjarige bestaan gevier.
