WAARSKUWING: N4 by eMalahleni gesluit na twee minibusse en trok bots, twee sterftes reeds bevestig
Twee mense het reeds op die toneel aan hul beserings beswyk.
Inwoners van Middelburg wat Gauteng toe reis word gewaarsku oor ’n groot ongeluk by Ferrobank, by die Schonlandrylaan afrit, waar die N4 tans gesluit is.
’n Ongeluk waarin talle ernstig beseer is het oomblikke gelede daar plaasgevind.
Middelburg Observer het verneem dat twee minibusse en ’n trok gebots het.
Volgens Middelburgse nooddienswerkers is twee helikopters ook reeds na die toneel toe op pad om kritieke pasiënte hospitaal toe te vlieg.
Motoriste wat Gauteng toe reis moet liefs alterntiewe roetes oorweeg weens verkeer wat tot stilstand gedwing is.
Daar word verwag dat die N4 nog ’n geruime tydlank gesluit sal bly, tot die grutoneel opgeruim is.
