’n Lekker vet beloning van R20 000 word nou aangebied indien iemand die verlore Australiaanse beeshond, Mielie, kan opspoor.
Dit is dag 32 vandat Mielie, op die Slaghoek plaas naby Doornkop weggeraak het maar Kevin Ruthven en die ZAMBI soekspan bly hoop dat hy nog lewe.
Mielie het vinnig internasionale sterstatus bereik nadat hy saam met sy eienaar, Kevin en die Jack Russel, Brood, langs die Olifantsrivier gaan kamp het en toe verdwyn het.
Kevin en Brood het sederdtien oor hulle vermiste vierpoot-makker se verdwyning getreur.
Marthina Janse van Rensburg, dryfkrag agter die ZAMBI soekspan, het gesê dat behalwe die 700 swendelaars, daar ’n paar geloofwaardige oproepe was van mense wat Mielie gesien het.
“Ons het baie goeie beskrywings ontvang van mense wat hom glo in Rockdale, Dullstroom en selfs Cullinan gesien het.”
Marthina sê hulle glo sterk in die moontlikheid dat iemand Mielie opgetel het.
“In Dullstroom se geval het twee mense ’n beeshond wat Mielie se beskrywing pas in ’n boer se bakkie gesien. Die oom Ben van Cullinan het ’n hond wat Mielie se beskrywing pas op ’n leiband met ’n man gesien.”
Die ZAMBI soekspan hoop om hulle bewusmaking van Mielie se soektog te sentreer in daai areas.
Enigiemand wat Mielie veilig aan Kevin kan terug besorg kan 082 895 7807 kontak.
