News

Groot Willem dink Boerpens se kop is ’n rugbybal

“Die veld van die lang bome!” Spanne wat op Belfast gaan rugby speel het, het hulle nie net in ’n omgekrapte span vasgeloop nie, maar in ’n veld wat ’n begraafplaas geword het vir besoekers.

In die vroeë jare het die bloekombome om die veld sommer as kleedkamer gedien.
Volgens oorlewering is die terrein van die ou mark eerste as ’n rugbyveld gebruik.

In die twintigerjare besluit die stadsvaders dat die terrein eerder as ’n mark gebruik moet word en die rugbyveld verskuif na waar Belfast Akademie tans geleë is.
Die veld was omring deur ’n bloekombos en die kleedkamer is met groot blok sementstene gebou.

Met die bou van die skool in 1954 moes die klub weer oppak en trek,

Die veld wat later bekend geword het as die “veld met die lang bome” is aan Belfast Rugbyklub toegeken.

In 1958 word die twee kleedkamers en saalgedeelte gebou.

Met die uitmeet van die klubhuis het Des Fitzgerald en Piet van Wyk skelmpies die penne gaan skuif om ’n groter saalgedeelte te kon hê.

In 1960 word daar spreiligte aangebring nadat die Middelburg Observer op 9 Julie 1909 berig het dat ’n wedstryd verkort moes word weens swak beligting.
Die besluit om die klubhuis te vergroot en ’n kroeg te bou is in 1966 geneem.

Die inwyding van die geboue het op ’n nat en mistrootsige Saterdag plaasgevind waar Belfast teen LVCC van Nelspruit gewen het.
Dit was egter nie net die veld met die lang bome wat ’n verskrikking was nie.

Belfast het ’n paar meanies in sy geledere gehad soos George Minnaar, Willem Smit, Johan van Rensburg, Polla Fourie, Pine Pienaar en Nan Broekman.
Daar was gereeld woeste gevegte tussen veral Belfast en die spanne van Witbank en Middelburg.

Smit het op ’n keer die Witbank vleuel, Boerpens Strydom, se kop as ’n rugbybal aangesien en ’n klein oorloggie het uitgebreek, nadat Terence Moll met sy arms al swaaiende op die lang Belfast slot toegesak het.

Belfast het in 1904 ontstaan en in 2004 sy honderdjarige verjaardag gevier.

Belfast Rugbyklub hou op 18 Maart, om 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.

Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:

Ferdie Brits 082 337 8776.

Ernst van den Berg 083 2271 051.

Francois de Villiers 082 9265 759

Gawie van Rensburg 082 8064 825

Ryno Kleinhans 084 7179 122

Johan Burger 082 9219 821.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button