News

Nie net Heuwels is Fantasties maar ook die hemelruim

Voeg ’n paar wolke en Rustique Boutique Hotel se sterk ligte bymekaar en jy het ’n vreemde vlieënde voorwerp wat almal gaande het!

Mnr. Mike Brown (mede-eienaar, Rustique) sê daar was Vrydagaand ’n vertoning van Heuwels Fantasties by Rustique.

“Die lig het twee verstellings, een wat stilstaan en waarvan jy die strale op ’n oop aand, sonder wolke, tot sover as eMalahleni kan sien. Die ander lig roteer al die kante toe. Ek glo dit is die lig wat die mense, met die bewolkte lug, Vrydagaand kon verwar het,” sê mnr. Brown.

Hy het genoem dat hulle die lig met elke groot vertoning gebruik en dit is hoekom mense sê dat hulle dit al vorige kere gesien het.

• Interessant om te meld dat ’n vrou van Gqeberha (Port Elizabeth) Vrydagaand iets in die lug gesien het, wat vergelyk met wat talle mense van Middelburg gesien het.

• Mnr. Heymie Smit het ook ’n video geneem van die dansende voorwerp in die lug.
Hulle is op ’n plaas op die ou Belfastpad en sê van hulle af, kan hy direk op Rustique kyk.

“Ons kan die lig sien as hulle hom aansit en dan is daar duidelike strale van die grond af die lug in.”

Hy het genoem dat dit wat hulle afgeneem het, géén strale van die grond af gehad het nie.

@middelburgobserver

Vreemde vlieënde voorwerp is Rustique Boutique se lig

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button