News

Spanlyste in gesangeboek geskryf

Wanneer jy in Pine Pienaar se gesangeboek gekyk het, sou jy sien hoe hy tydens kerkdienste spanlyste agter in die boek geskryf het.

Pine was ’n rugbyman in murg en been, wat jy nie sommer meer op die platteland kry nie.

Op ’n Saterdagmiddag in 1949, terwyl Pine se ouers die voorbereidingsdiens vir nagmaal bygewoon het, het Gys Meyer hom gaan haal om saam rugby te speel.

Dit was die begin van ’n lang loopbaan in die trui van Belfast Rugbyklub en uiteindelike aanwysing as die “rugbypersoonlikheid van die eeu” tydens die klub se eeufeesviering in 2004.

Sy pa het ook ’n plaas in die Barberton distrik besit en as jong man moes hy gedurende die wintermaande te voet met die skape na die winterplaas trek. Daar aangekom het hy op die trein geklim, sodat hy betyds op Belfast kon wees vir die Saterdag se wedstryd.

Nog drie legendes bymekaar. Hans la Grange wat jare by Witbank Rugbyklub betrokke was as administrateur en afrigter en die eerste president van Suidoos-Transvaal Rugby-unie, Flip Coetzer. Knielende is Apie Schoeman, pa van Hennie Schoeman wat vir Belfast en Suidoos losskakel gespeel het. Hans is die pa van die skakelpaar tweeling Klasie en Gert la Grange.

Die Pienaars se plaas, Groenvlei, was 16 kilometer buite Belfast en hy het van daar af oefeninge toe geloop. Later het hy ’n perd ingespan en toe met ’n trekker rugby toe gery. Hy was altyd betyds vir die vragmotor wat die spelers na naburige dorpe geneem het vir wedstryde.

Hy het met dieselfde ywer gras op die veld geplant en gewerk vir ’n klubhuis en kleedkamers.

Pine dien vir 25 jaar op die komitee en speel 30 jaar vir die klub.

Belfast Rugbyklub hou op 18 Maart, om 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.

Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:

Ferdie Brits 082 337 8776.

Ernst van den Berg 083 2271 051.

Francois de Villiers 082 9265 759

Gawie van Rensburg 082 8064 825

Ryno Kleinhans 084 7179 122

Johan Burger 082 9219 821.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button