Sy skoonsuster, Sonet van der Westhuizen, sê sy het buite die huis gesit, toe sy voertuig verby ry.
“Ek het vir sy dogter gesê: ‘daar gaan jou pa!’ waarop hulle uitgehardloop en die kar voorgekeer het.
“Hy het vanoggend in sy kar wakker geword en was baie deurmekaar. Hy kon onthou dat hy in Komati bly, maar het nie geweet waar hy bly nie! Terwyl hy in die strate rondgery het, het ek hom gesien,” vertel me. Van der Westhuizen.
Van die oomblik wat hy by die huis gekom het, drink hy aanmekaar water en het deurmekaar vir hulle vertel wat hy kon onthou.
Volgens hom kon hy nog onthou dat hy Vrydag gegaan het vir ’n mediese ondersoek. Daarna het hy by ’n klein winkeltjie gestop en ’n energiesakkie gekoop.
“JP sê dit was vir hom snaaks dat die energiesakkie stukkend is onder en lek, maar hy het besluit om dit tog klaar te drink. Van daar af kan hy niks onthou nie.”
Hulle het vanoggend opgemerk dat sy selfoon aan is en het aanmekaar gebel, maar hy het nie geantwoord nie. Kort daarna het hy in die straat afgery en hulle het hom gestop.
Me. Van der Westhuizen het aangedui dat hulle hom wil neem vir toetse om te bepaal of hy iets ingegee is.
• Mnr. Renier van Niekerk het verlede week te voet verdwyn vanaf Walter Sisulustraat in Middelburg.
Hy het ’n dag en ’n half later tot sy sinne gekom in Ermelo, waarna hy na ’n vriend se huis geloop en hulle hom na sy skoonouers se huis geneem het.
Hy was ook geweldig dors toe hy gekry is en kon nie onthou wat in die tyd wat hy weg was, met hom gebeur het nie. Hy kon ook niks onthou nie.
• Beide mnre. Clark en Van Niekerk is dieselwerktuigkundiges.

