News

Polla klim met slang in die bus

My eerste rugbytoer saam met Suidoos-Transvaal se rugbyspan as koerantman was Welkom toe om teen Noord-Vrystaat te speel.

Was agttien jaar oud.

Tussen die hardebaarde op die bus was ysters soos Ben Badenhorst, Polla Fourie, Johan Spies en Boerpens Strydom.

Richard Cooke het sy buiging vir die span op haker gemaak nadat Johan de La Rey skielik opgeroep is vir militêre diensplig.

Cooke was 40 jaar gelede kaptein van die span wat die Westelike Provinsie met hulle byna Bokspan op Witbank geklop het in ’n Lionbeker wedstryd.

Die naam Polla het vrees by die Noord-Vrystaters ingeboesem maar ook by sy spanmaats.
Polla was ’n karakter, ’n sterke derduiwel, en hy kon kuier en baklei.

Op pad terug na Witbank is daar gestop vir verligting toe Polla ’n slang vang en met die slang in die bus klim.
Daar was konsternasie.

Polla sou in 1974 Springbok word teen die Britse Leeus vir die derde toets in Port Elizabeth.

Hy het later vir Belfast Rugbyklub uitgedraf en is aangewys as hulle speler van die eeu tydens die klub se eeufeesvierings in 2004.

Belfast Rugbyklub hou Saterdag 18 Maart, om 14:00, ’n reünie by die kuierplek Ekstra Myl.

Vir navrae oor die reünie kan die volgende persone geskakel word:

Ferdie Brits 082 337 8776.
Ernst van den Berg 083 2271 051.
Francois de Villiers 082 9265 759
Gawie van Rensburg 082 8064 825
Ryno Kleinhans 084 7179 122
Johan Burger 082 9219 821.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button